Huisgenoot

’N ‘GOEIE FEE’ VIR PLATSAK STUDENTE

VERBEEL jou net ’n oomblik hoe dit moet voel: Jy is ’n student uit ’n arm huis, dalk die eerste mens uit jou familie wat studeer. Almal hou jou hoopvol dop om te sien of jy ’n sukses van jou studies gaan maak.

Maar dan misluk jy.

Nie omdat jy nie slim is nie. Nie omdat jy nie hard gewerk het nie. En ook nie omdat jy jou klasse misgeloop het nie.

Maar gewoon omdat jy so arm is dat jy nie kos kon koop nie en moes opskop om liewer te gaan werk. Of dalk omdat jy nie eens die R60-taxigeld kon bekostig om kampus toe te reis om jou eksamen te skryf nie.

Selfs al het jy nooit so iets aan jou eie bas gevoel nie, is dit die werklikheid

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related