Met die samewerking van die regering en ondanks groot struikelblokke, waaronder die moontlikheid dat die oorlog onbepaald kan voortduur, het Oekraïne se landboubedryf reeds ’n ambisieuse infrastruktuur- en ekonomiese herstelplan ontwikkel.
Op ’n inligtingsessie by die EuroTier-uitstalling van suiwel-, vark- en pluimveetegnologie einde verlede jaar in Hanover, Duitsland, het mnr. Andrii Pastoesjenko namens die Oekraïense landbou gesê groot dele van boerderygebiede wat