Landbouweekblad

KRAGTELOOS OF KRAGDADIG?

Ekonome praat soms van iets wat onverwags gebeur as ’n swart swaan – ’n uiters uitsonderlike gebeurtenis wat verreikende gevolge het. Aan die begin van 2022 was die moontlikheid van ’n Russiese inval in Oekraïne nie hoog op die lys van faktore wat ekonome en finansiële instellings laat wakker lê het nie. Dit was eerder onsekerheid oor die omikron-stam van covid-19 en of die wêreldekonomie die pandemie-nagevolge kon afskud, wat as moontlike remskoene genoem is.

Net soos die groot impak van covid-19 die wêreld in 2020 onverhoeds betrap het, was die inval in Oekraïne einde Februarie 2022 ook iets wat vinnig baie intens geword het, langer aanhou en meer geld en lewens kos as wat vooraf gehoop is.

’n Mens kan net bespiegel of daar vanjaar weer ’n swart swaan sal verbykom. Dit kan rampspoedig wees, want die wêreld

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit