Landbouweekblad

Herlewing in wingerd tel spoed op

Die wingerdstokke is goed en wel, “maar jou geld staan eintlik tussen die rye”, het dr. Jamie Goode die Swartlandse wynmaker mnr. Eben Sadie aangehaal op die internasionale Chenin blanc-kongres wat onlangs op Stellenbosch gehou is.

Goode, ’n Britse wynskrywer, plantbioloog en selfverklaarde wyn-geek wat onlangs die boek Regenerative Viticulture die lig laat sien het, beywer hom daarvoor om wetenskaplike oplossings vir probleme in die wynbedryf te vind.

“Herlewingslandbou is ’n gonswoord in die wingerdbedryf. Dit is baie opwindend, want dit bring regtig goeie wetenskap na wingerd.” Hy het gesê herlewingswingerdbou steek kop uit op plekke waar ’n mens dit glad nie sal verwag nie, soos Champagne in Frankryk, wat nie juis bekend is as omgewingsgevoelige wynstreek nie. “Voorheen was al ons aandag op die wingerdstok en ons het die grond en die wingerdomgewing net as ’n groeimedium gesien.”

BOER MET GROND

Volgens Goode is daar geen resep vir herlewingswingerdbou nie. Dit is eerder ’n kis met gereedskap wat slim in die wingerd gebruik kan word om sekere funksies te verrig.

“Een manier om daaraan te dink, is as die beoefening van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Jakkalse Pas Aan Om Groter Vee Aan Te Val
DIE jongste verslag van ’n langtermynstudie oor haalbare oplossings vir Suid-Afrika se historiese vee-roofdier-konflik bring ’n paar interessante bevindings aan die lig. Pogings deur Suid-Afrikaanse skaap- en bokboere om hul lammers en boklammers tee
Landbouweekblad2 min read
Vrou-alleen Teen Luiperds En Hartwater
V vyf faktore maak boer met Hugenoot-beeste vir Mary Lochner ’n plesier: hul langlewendheid, stapvermoë, kalfgemak, mooi temperament en gehardheid om in ’n ekstensiewe klimaat aan te pas. Mary bedryf haar CTL Hugenoot SA-stoetery op die plaas Doringk
Landbouweekblad2 min read
Vierde Elitekoei Uit Een Stoetery
Seleksie vir uitsonderlike vrugbaarheid en koeie met ’n lang, produktiewe leeftyd is die regte roete waarlangs ’n uitnemende kudde gebou moet word, soos wat die Beefmaster-stoetery Van-Dev van Pieter van Deventer van Coligny bewys. Pieter boer op die