LETITIA swaai haar dun beentjies verveeld vorentoe en agtertoe terwyl sy op die stil swaai sit. Haar kinderskouertjies hang, tot ’n duif agter ’n boomstam uitbeweeg en mankmank na haar toe hop.
Sy trek haar asem in en klim stadig van die swaai af, versigtig om nie te vinnig beweeg nie. Dan sak sy op haar knieë op die kort gras neer en steek haar handjie uit na die duif.
Dewald hou die buurkind al vir byna 15 minute deur die palissadeheining tussen hulle dop. Vanuit sy rolstoel kan hy ook die gedoente met die duif sien. Hy kan nou nie hoor wat sy vir die voël sê nie, maar hy kan sien dat sy met haar kuiergas praat. Die duif hop tot teen Letitia se knieg en bly so sit.
Sy beweeg haar regterhand stadig nader en raak liggies aan die klein geveerde koppie.
“Is jy oukei, mmm?” vra sy sag. Dan sien sy die kraaines van vislyn en