JEEP GRAND CHEROKEE L 3.6 4X4 OVERLAND
Anderdag bel boer Leon van Mpumalanga se wêreld. “Ek wag nou al ’n jaar lank vir my Cruiser 300,” kla hy. “Moet ek ’n Land Rover Defender koop?”
Saam pruim hy en ek aan sy probleem. “Wat van die Lexus 500d LX?” vra ek, maar die prys van R2 273 000 skrik hom af, al is dit nie veel hoër as die Land Cruiser 300 3.3D GR-Sport se R1 903 600 nie.
Leon is nie die enigste man wat met dié vrae worstel nie. Wêreldwyd is die Cruiser 300 só in aanvraag dat die wagtyd amper drie jaar was toe kopers kort ná die bekendstelling hul hand opgesteek