FLIEKS
PUSS IN BOOTS: THE LAST WISH
IN FLIEKTEATERS VANAF 9 DESEMBER
VIR OUDERDOMME: OB
Hy’s omtrént kaatjie van die baan met sy swaard, groot stewels, pluimhoed en enorme oë wat harte laat smelt. Ja, hy is die held van die onderdruktes en ’n weergalose minnaar. Dié internasionale gunsteling was al in drie -flieks te sien, maar het ook al sy eie fliek en verskeie reekse agter die blad.