Lokalisering vorm deel van Suid-Afrika se meesterplan vir die landbou en landbouverwerking. Waar moontlik, beteken dit invoervervanging of die beperking van invoer, verbeterde toestande vir plaaslike landbouproduksie en uitgebreide voedselverwerking.
Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) wil sy reëls hersien om globale voedselkwessies die hoof te bied. Dit volg te midde van globalisering wat afgeplat het, maar nou waarskynlik fase 2.0 sal betree omdat die oorheersende magsposisie neig om stadigaan van die Weste na die Ooste te verskuif. Boonop word wêreldhandel steeds ontwrig – onder meer weens China se volgehoue covid-19-inperkings en ’n oplewing in die wêreld se geopolitiese spanningslyne.
Teen hierdie agtergrond kyk die meeste lande in ’n mindere of meerdere mate met nuwe oë na ’n beleid van lokalisering – na gelang van die produksiepotensiaal van hul onderskeie ekonomiese sektore.
Op papier klink Suid-Afrika se eie beleid van lokalisering na ’n gawe plan. Die doelwit is om die invoer te beperk van produkte of dienste wat plaaslik geproduseer of gelewer kan word. Tog slaan dit ’n mens