SARIE

HARTSBEDERF OP 70

Dit was asof sy op wolke sweef toe sy by haar sewentigste verjaardagpartytjie instap.

Haar lewe lank het Elzabe Malan,’n kunstenaar van Pretoria, háár hart vir die wêreld oopgemaak en daar was nooit die geleentheid om haar eie verjaardag te vier nie. Vir haar sewentigste wou haar dogter Hendrien Kruger en Piet Malan, Elzabe se tweede man, haar ’n bietjie bederf.

Hendrien, uitvoerende hoof van die Brasiliaanse haarprodukmaatskappy INOAR in Suid-Afrika, vertel sy het veral haar ma se oog vir elegansie in ag geneem toe sy die fees beplan het. En dit het beslis vrugte afgewerp, want sy sal nooit vergeet hoe Elzabe se gesig gestraal het die oomblik toe sy die sprokiesmooi tafels sien nie. Dit was in die voorportaal van haar jongste dogter, Joha, en haar man, Charles Niehaus, se huis in Waterkloof.

“Aards en elegant,” beskryf Kinna van der Westhuizen, Pretoriase dekorstilis en eienaar van Ai-Ai,’n stileringsonderneming vir gesellighede, die styl waarin sy die venue omtower het. Sy sê: “Ná Covid wou almal weer die natuur omarm.”

Kinna het aardse skakerings – terracotta, pienk, roosgoud oranje, roesbruin en olyfgroen – verweef, en met die tekstuu van tafeldoeke en servette rondgespeel. Alles sodat die sewentig gaste agterna sou dink: “Sjoe, maar dit was darem nou iets anders.” Swart sjampanje- en wynglase het gesorg vir ’n tikkie drama.

Enkelstele van miniatuur-orgideë en pinksterrose in skakerings van pienk tot wynrooi is in potjies gerangskik, wat bygedra het tot die organiese effek van die tafelversierings.

Maar dit was ’n groepspoging, beklemtoon Kinna. Sonder partytjiebeplanner Emtia Morrison-Potgieter, bestuurder van INOAR, en die towerstaf van Herman Lensing, kosredakteur van onder meer SARIE en SARIE KOS, agte die kospotte, sou dié okkasie nie so ’n groot sukses gewees het nie.

Tot die musiek was fyn beplan. “Mamma is lief vir die klarinet, klavier en kitaar,” vertel Hendrien. Joha het ’n speellys saamgestel en hul ma se gunstelingmusiek, onder meer die Adagio-beweging uit Mozart se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE3 min read
Ons Wêreld
Megaster Taylor Swift het al 14 Grammy-musiekpryse gewen. By vanjaar se glansryke toekenningsaand was sy ook die onbetwiste mode-wenner. Haar verskyning op die rooi tapyt – in ’n wit Schiaparelli-rok en lang swart handskoene – het die meeste sosialem
SARIE4 min read
16 Blaaie Vir Die Ontspan, Die Probeer En Die Pret!
DWARS 7 Te perd (6)8 ’n Mooi man (6)9 Ekonomiese insinking (8)10 Begeer (4)11 Wat bestaan (4)12 Kombineer (8)14 Poort (8)16 Godsdienstige gebruik (4)18 Bondel druiwe (4)20 Ondermyn (8)22 Alarm (6)23 Vroeër (6) AF 1 Ervaar (6)2 Oor argumente praat (8

Related