KORTOM
■ Die afgelope vier jaar het die binnelandse produksie van hoender- en veral varkvleis skerp gegroei.
■ Daar is taamlike mededinging op die binnelandse mark tussen die verskillende vleissoorte.
■ Weens die swak ekonomie kan die binnelandse mark nie die bees- en skaapvleis teen die heersende pryse opneem nie.
Die tekens raak al hoe duideliker dat die wêreldekonomie stoom verloor. Die verwagting is dat minstens 23 ekonomieë in Europa in 2023 in ’n ekonomiese resessie gaan wees, terwyl China stadiger begin groei.
Ekonomiese ontleders in Suid-Afrika meen die plaaslike ekonomie toon reeds tekens van ’n ekonomiese resessie en daar is eenstemmigheid dat die groeikoers daal. Die vraag is hoe ver dit in 2023 gaan daal.
Die feit is,