Landbouweekblad

Rooivleisbedryf gaan meer moet uitvoer

Vraag en aanbod bly die fundamentele aandrywers van markpryse in die rooivleisbedryf. Natuurlik kan gedebatteer word dat markinligting moontlik nie voldoende is vir die deursigtige werking van die mark of dat die markmag nie gebalanseerd is nie. Tog meen ek dat die rooivleismark relatief deursigtig is en dat markinligting wel op ’n taamlike vlak gerapporteer word.

Gegewe dié uitgangspunt is dit noodsaaklik dat kennis geneem word van die markaandrywers wat in die volgende jaar of wat die rigting van die prys kan beïnvloed.

In die beesvleisbedryf het die beesslagsyfer die afgelope vier jaar met sowat 4% afgeneem, terwyl produsentepryse met sowat 25% gestyg het. Skaapslagsyfers het die afgelope vier jaar met sowat 9% gedaal en die prys het met sowat 16% verbeter.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding