Landbouweekblad

KAROOVELD SE HERSTEL STADIG, SOMS SEKER EN DAN NET PLEK-PLEK

KORTOM

■ Die onlangse droogte was een van die langste en droogste tye nóg in die Karoo, maar baie van die plante is nie aangepas vir sulke lang droogtes nie.

■ Wetenskaplikes wat veld tydens die droogte gemonitor het, sê plantbedekking het agteruitgegaan.

■ Dit was meestal die baie ou en jong plante wat gevrek het.

LIGGING

1. Soebatsfontein

2. Vanrhynsdorp

3. Weskus van die Wes-Kaap,

4. Klein-Karoo,

5. Groot-Karoo in die Wes-Kaap

Veldopnames oor ’n lang tyd help wetenskaplikes om veranderinge in landskappe waar te neem en te sien hoe plante op verskillende klimaatstoestande reageer. Veldwetenskaplikes het heelparty plekke waar hulle gereeld die opnames gaan doen.

Volgens me. Nelmarie Saayman, veldwetenskaplike, en mnr. Rudi Swart, wetenskaplike beheertegnikus by die Wes-Kaapse departement van landbou, doen hulle elke drie jaar veldopnames in ’n gebied. “Ons doen elke jaar een van drie streke – die Weskus, die Groot-Karoo of die Klein-Karoo.”

Omdat verandering so stadig plaasvind in die Karoo, is dit nie nodig om dit meer dikwels te doen nie. Hul eerste opname was in 2015 en van die gebiede het hulle al drie keer besoek en kon die veranderinge wat die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit