DIE instituut vir markagente (Imasa) het geslaag in sy bevelskrifaansoek teen die stadsraad van Tshwane om die Tshwane-varsproduktemark reg te ruk.
Die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak in die mandamus-aansoek ten gunste van Imasa is die eerste in sy soort wat varsproduktemarkte in Suid-Afrika betref.