Landbouweekblad

Tshwane kan leer by sy buurman in die suide

GAUTENG se twee grootste varsproduktemarkte word al geruime tyd as teenpole van mekaar beskou.

Sedert die Johannesburgse varsproduktemark twee jaar gelede ’n strategiese bestuursverandering gemaak het, kon hy sy omset verhoog en verskeie geriewe vestig om kleinboere en kleiner agente ’n vastrapplek te gee.

Daarteenoor hang die Tshwanemark se voortbestaan steeds aan ’n draadjie weens wanbestuur en langdurige verwaarlosing, ondanks jare se skrywes, mooipraat én regstappe van die varsproduktebedryf. Gevolglik kies toenemend meer boere koers na die Johannesburgse varsproduktemark om hul produkte eerder daar te verkoop.

Dié twee munisipale varsproduktemarkte se uiteenlopende benaderings was opnuut in die kollig tydens die openbare sittings van die mededingingskommisie om te ondersoek of elemente of faktore in die varsproduktewaardeketting mededinging in die mark belemmer, beperk of verwring.

Tydens dié sitting het bestuurslede van die Tshwanemark vinger gewys na die munisipaliteit wat hul inisiatiewe kelder om die mark te probeer omskep in Suid-Afrika se grootste varsproduktemark, soos wat dit eens was.

Deesdae word

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter