Landbouweekblad

Mbombelamark: Wit olifant of geleentheid?

Net die tyd sal leer of die nuwe varsproduktemark van R1,2 miljard buite Mbombela tog ’n waardevolle bydrae tot die landbou in die provinsie sal lewer. Mnr. Deon van Zyl, handelshoof van Grow Fresh Produce Agents, sê Suid-Afrika het markte nodig wat goed funksioneer en doeltreffend bestuur word.

“Die huidige munisipale markte wat deur politici bestuur word, skiet ver tekort wat betref doeltreffende bestuur en noodsaaklike onderhoud. Die moderne Mbombela-mark is ’n stap in die regte rigting wat ’n nuwe era in varsproduktebemarking kan inlui. Ek glo daar is potensiaal om op lang termyn te groei.”

Hy sê vir ’n varsproduktemark om doeltreffend in ’n omgewing soos Mbombela in bedryf te wees, is dit belangrik dat die hele mandjie van vars produkte vir kopers aangebied word.

“Dié mark moet dus probeer om in al die koper se varsproduktebehoeftes te voorsien om sodoende met die Gautengse megamarkte te kan meeding.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit