Toe Liovian Anderson (38) van Paarl in die Boland in 2019 die Godsopenbaring kry om haar korporatiewe werk by 'n groot landboumaatskappy te los en haar eie besigheid te begin, het sy nie twee keer daaroor gedink nie.
Aanvanklik het sy net bottels sap verkoop, maar vandag is sy die trotse eienaar van Raw Squeeze wat vrugtesap, immuunversterkers, suckers en vegetariese groentesoppe verkoop. Sy besit ook haar eie sakeperseel waar sy haar produkte met industriele masjinerie vervaardig, en dit dan verkoop.
Jy kan sommer aflei uit die manier hoe Liovian oor haar besigheid en gesondheid praat dat sy duidelik baie passievol daaroor is om 'n gebalanseerde en gesonde leefstyl te handhaaf. En dis grotendeels die rede hoekom sy