Huisgenoot

SEUN MET DIE SAMOERAI-SWAARD

DIT is seweuur die oggend op Maandag 18 Augustus 2008. Karre kruie in Schoemanrylaan in Krugersdorp en hou ’n rukkie stil terwyl ouers hul kinders by die hek van die Tegniese Hoërskool Nic Diederichs aflaai.

Met die nuwe week wat begin, vergader leerlinge in groepies op die skoolterrein – die naweek moet ontleed en die koms van Maandag betreur word. En vir die gr. 12-leerlinge is die opwinding van hul naderende vryheid byna tasbaar.

Niemand skenk veel aandag toe Morné Harmse instap met ’n groot rooi sak oor sy skouer nie. Die inhoud van daardie sak is die uiteinde van byna ’n jaar se wilde fantasieë en noukeurige beplanning. Hoewel Morné elemente van “die plan” in sy sak het, maak hy daarop staat dat vier ander seuns die oorblywende stukke gebring het.

Met sy aankoms sien hy sy medepligtiges en stap na hulle toe. Nadat hy die seuns gegroet het, vra Morné (18) vir David* oor sy bydrae tot die plan. David trek ’n houtboks uit sy skoolsak, kyk vlugtig rond en lig die deksel sodat sy vriend die inhoud kan sien.

Binne-in is ’n saamgeflanste verskeidenheid vere, batterye, stukke plastiekpyp en draad, alles met isoleerband omhul. Dit is die “bom” wat hy heelnaweek gebou het.

Ure later sou David vir die polisie sê hy het gedink dit was alles ’n grap. Hy het nooit bedoel om ’n toestel te bou wat werklik sou ontplof nie. In elk geval, sou hy sê, het hy nie ’n idee gehad hoe om ’n bom te maak nie, selfs al wou hy.

Maar Morné dink die toestel is eg. Hy glimlag en knik goedkeurend.

Hy beduie sy vriende moet

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related