Ek en my man, Tertius, bevind ons al langer as ’n dekade in die buiteland. As pasgetroudes het ons eers in die eksotiese Karibiese hawestad Barranquilla in Colombia, Suid-Amerika gewoon.
Tans woon ons saam met ons amper driejarige seuntjie, Christiaan, in Switserland nadat Tertius deur sy werk hierheen verplaas is. Ons rustige bergdorpie, Oberägeri, lê langs een van die mooiste mere in die land en van ons balkon af het ons ’n uitsig oor die Alpe.
Ons is tuis, oftewel ’n klein groentetuintjie.