Landbouweekblad

SYSTAP FOUTE MET KUILVOER SÓ

Die bederwing van kuilvoer kom by ál die verskillende metodes van opberging voor, hetsy ’n kuilvoerbunker, silosakke of toegedraaide rondebale. Dit is maklik om foute te maak wat veroorsaak dat groot verliese aan droëmateriaal gely word, maar met die nodige sorg is kuilvoer ’n baie goeie metode om rumateriaal se waarde te verbeter en dit lank op te berg.

Die hoofdoel van kuilvoer is die behoud van verteerbare vesel, proteïen en energie in die materiaal en om die proteïen in ’n formaat te behou wat doeltreffend vir die herkouer is.

Mnr. Richardt Venter, ’n internasionale kuilvoerraadgewer van AGSCI Unlimited, het boere op ’n inligtingsdag by die Westend-landgoed van mnre. Hannes en Hano Lombard oor presisiemetodes vir die maak van kuilvoer ingelig. Dié boerdery by Morgenzon is al verskeie kere as die wenner van ’n jaarlikse kuilvoerkompetisie aangewys. Dit bestaan onder meer uit ’n saaiery, melkbeeste, Drakensbergers en Merino’s.

Venter het die gemiddelde kuilvoerverliese in Suid-Afrika konserwatief op 15%

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit