Landbouweekblad

Snelle vrugbaarheid volgens die Schneider-patroon

KORTOM

■ Oorplaatjies verskaf inligting oor koeie se bewegingspatroon in die veld, wat ’n beheer-en-ontvangstasie opvang.

■ ’n Afwyking van die normale gedrag dui op bronstigheid. Dit stel die boer in staat om daardie vroulike dier op die ideale tyd kunsmatig te insemineer.

■ Dit bevorder die vrugbaarheid in die kudde, wat daartoe lei dat die produksie, inkomste en wins verhoog word.

Die Schneider-familie van Grootfontein in die noorde van Namibië bly aan die voorpunt van wetenskaplike boerderymetodes wat genetiese vordering versnel. Die vorige suksesverhaal was voerdoeltreffendheid, en die klem skuif nou na akkurate seleksie vir vrugbaarheid.

Die Schneiders – Mecki en sy vrou, Brigitte, hul seun, Reimo, en skoondogter, Sonja – besit die Okabra Brahman- en Okasim Simmentaler-stoetery en boer ook met kommersiële beeste. Die hoofplaas is Okamutombe buite Grootfontein waar hulle onlangs ’n boeredag gehou het om besoekende boere oor hul wetenskaplike boerderymetodes en jongste navorsing in te lig.

Reimo het vertel hoe hulle beesmonitering toepas in hul seleksie vir vrugbaarheid. Dit is gegrond op navorsing deur SenseHub van Allflex die afgelope 20 jaar oor beeste se gedrag, hoofsaaklik vir Bos taurus-beeste. Die oorspronklike navorsing is in Israel gedoen.

Hulle het in 2019 en 2020 soortgelyke navorsing saam met SenseHub op Okamutombe gedoen om Bos indicus-beeste te monitor, want bewegingspatrone van die Bos taurus en Bos indicus verskil.

Aanvanklik is net oorplaatjies gebruik (voordelig in beboste dele), maar onlangs is sensors op halsbande ook gebruik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit