Landbouweekblad

Seleksie begin met ’n goeie plan

Die seleksie van doeltreffende bulle en koeie begin by ’n goeie plan. Gaan prakties te werk, stel ’n plan op en selekteer daarvolgens met jou oog heeltyd gerig op die ekonomie, klimaat, omgewingsaktivisme, verbruikersvoorkeure en tegnologie.

Prof. Frikkie Neser, beesboer, hoogleraar en wetenskaplike verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, en mnr. Martin Seyfferdt, internasionaal erkende interras-beesbeoordelaar, het op die LRF-Veeskool in ’n gesamentlike lesing oor doeltreffende koei- en bulseleksie gesê seleksiedoelwitte moet die produksie-omgewing weerspieël omdat daar groot verskille in die omgewings is waarin boere hul bestaan maak. “Koop dus ’n bul wat by die omgewing aangepas is. Moet ook nie vir te groot of te klein beeste selekteer nie, maar volg ’n goue middeweg.”

KLIMAATSVERANDERING

Neem in ag dat klimaatsverandering ’n werklikheid is, ’n stresuitwerking op vee het en boerdery gaandeweg erger beïnvloed. Weerspatrone in ’n warmer klimaat gaan kalwers se groei benadeel. Rasse wat makliker aanpas, word aanbeveel, byvoorbeeld inheemse rasse.

Hulle het gesê omgewingsaktiviste is ’n werklikheid en daardie mense hou die landbou goed dop wat boerderymetodes betref. Veeboere word dikwels daarvan beskuldig dat hul vee te veel metaangas vrystel. Doeltreffender boerdery met ’n kleiner koolstofspoor is die antwoord. Die produktiwiteit van beeste in Amerika het van 1977 tot 2007 skerp toegeneem. Die karkasse lewer 22% meer vleis, die ouderdom wanneer beeste geslag kan word, het met 21% afgeneem en die totale produksie van beesvleis het met 11% gestyg. Nog ’n gunstige gevolg is dat die beesbevolking

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.

Related