Landbouweekblad

TOPTEGNOLOGIE VERFYN SÓ SKAAPBESTUUR

Skatting op grond van voorkoms kan jou duur te staan kom – in party skaapkuddes is daar ’n verskil van tot 76% in doeltreffendheid. Die gevestigde Vrystaatse beesboere mnre. Llewellyn en Gareth Angus het danksy die regte presisietoerusting hul skaapvertakking deur intensifisering nóg winsgewender gemaak. Binne ’n jaar ná die oorskakeling verloop die skaapboerdery nou seepglad.

Intensiewe skaapboerdery slaag net danksy die regte tegnologie, en dit maak doeltreffende bestuur moontlik. Dít was die kernboodskap op die vorige LRF-Veeskool, wat ook ’n besoek aan die boerdery van die Angus-familie van Arlington ingesluit het.

Die Angusse se kernbesigheid is hul Simmentaler- en Simbra-stoeterye Wisp-Will en kommersiële beeste, ’n intensiewe skaapboerdery en wild.

Voordat Gareth ’n paar jaar gelede sy studie voltooi en saam met sy pa begin boer het, het Llewellyn alles alleen behartig: die beesstoeterye, kommersiële beeste, aangeplante weidings, wild, Merino-stoetery en groterige kommersiële skaapboerdery. Buiten sy vele ander verpligtinge woon hy vergaderings en kongresse by en beoordeel vee op skoue. “Ek het besef ek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter