Landbouweekblad

‘LA NIÑA ONS VOORLAND?’ Maak eers seker van die feite …

Daar is groot opslae op sosiale media oor ’n artikel wat noem dat meer La Niña-neigende toestande gaan voorkom omdat die sogenoemde Great Ocean Conveyor Belt of Groot Oseaanvervoerband wat seestrome dryf, vanweë klimaatsverandering verander.

Met die derde agtereenvolgende La Niña-verskynsel wat aan die gang is, is baie mense geneig om die artikel meer letterlik op te neem.

Die regte konteks is belangrik met hierdie soort sensasiesoekende publisiteit, veral in ’n era waar klimaatsverandering ’n werklikheid is en boonop vele gesigte kan hê.

VERANDERING IN KLIMAAT TEENOOR VERANDERLIKHEID VAN KLIMAAT

Daar is baie elemente van klimaatsverandering wat indirek werk om klimaat oor tyd te verander. Eers moet ’n mens ’n paar terme uitklaar om tussen klimaatsverandering en -veranderlikheid te onderskei.

Dit is die verandering in die internasionale, asook meso- en mikroklimaat as gevolg van hoofsaaklik die verhoogde vrystelling van koolstofdioksied as afvalproduk van die verbranding van fossielbrandstowwe. Dit het dus ’n impak op die verandering van die energiebalans op aarde omdat die kweekhuisgasse, soos koolstofdioksied, die balans tussen inkomende en uitgaande hitte-energie versteur en meer energie binne

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit