Landbouweekblad

Data-insig haal raaiwerk uit boerderybesluite

Omvattende data kan oorweldigend lyk, maar in die regte hande en met die regte ontledings kan dit ’n belangrike vangnet vir probleme, afwykings en bestuurskwessies bied.

“Die naald wat wys hoeveel brandstof daar nog in jou motor is, is ’n bron van data. Die moderne digitale aanwyser wat presies sê hoeveel kilometer jou motor nog met die beskikbare brandstof kan ry, is insig wat jou besluit baie maklik maak om dadelik of eers later brandstof in te gooi. Dit is presies hierdie tipe insig wat ons uit ’n boerdery of besigheid se data haal en in verbruikersvriendelike grafika beskikbaar stel.”

Só verduidelik mnr. Jandré Killian, ’n konsultant van RIC Consulting, hoe die maatskappy die Qlik-sagtewareplatform gebruik om die stories te vertel wat in besighede se data skuil.

RIC Consulting het 22 jaar gelede tot stand gekom as ’n besigheid wat vir ander maatskappye hul data gebêre het. Dit het egter gou meer as net ’n virtuele bêreplek geword en in 2008 het RIC die Suid-Afrikaanse vennoot geword vir Qlik, die Sweedse dataplatform

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Rooivleisstandaard Op Pad
SUID-AFRIKA sal teen 2030 sowat 250 000 méér speenkalwers in die mark moet stoot om ’n beraamde R12 miljard se waarde vir die plaaslike rooivleisbedryf te ontsluit. Om daarin te slaag, sal die bedryf anders moet begin dink en werk, het Dewald Olivier
Landbouweekblad8 min read
Plaasverkope
LUIPAARDSVLEI (246), 26 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika, van Bosasa Prop (Edms.) Bpk., R69 000 000. VORSTERSKRAAL (669) , 656 ha, aan JJ van Niekerk-trust, van Tygerfontein Boerdery (Edms.) Bpk., R12 775 000. HONINGKLIP (178), 21 ha, aan Multi
Landbouweekblad4 min read
Verkiesingslawaai Nou Volsterkte
Met die verkiesingslawaai wat ál luiddrugtiger raak en ál meer plakkate aan die lamppale word die onsekerhede oor die pad vorentoe ná die verkiesing ook toenemend meer. Binnekort gaan kiesers hul kruisies trek. Politieke ontleders meen dit gaan die o

Related