Druk op bedryf verg nuwe denke
Die behoefte aan krediet in die primêre landbou oorskry R200 miljard en die feit dat die Land Bank se bydrae tot dié finansiering gekrimp het, het ’n gaping gelaat. Só sê mnr. Zhann Meyer, hoof van landboukommoditeite by Nedbank se korporatiewe en beleggingsbank.
“Nie net groei boere se bedrywighede organies nie, maar insetkoste het aansienlik gestyg weens internasionale logistieke probleme en die oorlog in Oekraïne. Kunsmis- en dieselpryse speel ’n groot rol in die styging in insetkoste en stygende rentekoerse is nou ’n bykomende faktor wat in ag geneem moet word ten opsigte van boere se volhoubare winsgewendheid.
“Die markpryse wat boere vir sekere produkte behaal, vergoed dikwels nie meer vir die hoër insetkoste nie. Daar is ’n tans
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days