Landbouweekblad

Landbou moet weer bontstaan

KORTOM

■ Die 2022-klimaatsveranderingswetsontwerp het weggedoen met afslag op koolstofbelasting vir besighede wat binne hul mikpunte bly.

■ Pleks van swaarder belasting vir oortreders, kan hulle nou strafregtelik vervolg word.

■ Kampvegters vir die omgewing sê die nuwe wetsontwerp misken die noodsaaklikheid vir dringende stappe om kweekhuisgasvrystellings te beperk, maar sakeleiers waarsku dat strafmaatreëls ’n ongunstige impak op produksie, selfs van voedsel, kan hê.

Die jongste weergawe van die wetsontwerp oor klimaatsverandering wat me. Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en omgewingsake, vroeër vanjaar in die Staatskoerant afgekondig het, streef daarna om ’n meganisme te wees waardeur Suid-Afrika werkbare oplossings vir die probleme van klimaatsverandering kan ontwikkel. Dit wil op lang termyn help met die land se oorgang na ’n lae-koolstof- en klimaatvriendelike ekonomie en samelewing. Talle partye meen egter die wetsontwerp slaag nie in een hiervan nie.

Mnr. Theo Boshoff, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz, sê wanneer daar oor wetgewing oor klimaatsverandering gepraat word,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit