Landbouweekblad

Hoër hoogtes vir vyfster-boerdery

Deur vertikaal uit te brei en risiko’s suksesvol te versprei, kon die 39-jarige mnr. Dewald Dempers sy boerdery die afgelope vier jaar groter sekerheid in ’n wisselvallige gewasmark bied.

Sy vennootskap in ’n lugbespuitingsonderneming beteken ’n aansienlik hoër boerderywins sedert 2018 as die potensiële inkomste uit kontantgewasse op besproeiingsgrond met dieselfde beleggingswaarde as sy vliegtuie.

Dempers is die Noord-Kaap se aanspraakmaker op die kroon van Toyota en Agri SA se Jongboer van die Jaar vir 2022.

Hy het die afgelope 12 jaar danksy sy perfeksionistiese geaardheid ’n vyfster-boerdery opgebou met mielies en gars as die belangrikste wisselbougewasse onder besproeiing. Ander somergewasse is grondbone en pekanneute met saadhawer wat in die winter bykans 6% van sy boerderyomset uitmaak, en lusern (net meer as 4% van die omset).

In 2018 is hy as AB InBev se Garsprodusent van die Jaar aangewys.

INKOMSTE UIT VLIEGTUIE

Dempers bedryf die oesbespuitingsonderneming Proman met drie vliegtuie in vennootskap met mnr. Herman Bosman, ’n vlieënier van Jan Kempdorp.

“Ek kon besproeiingpersele bykoop, maar die inkomste uit die vliegtuie is tien keer hoër as dié van kontantgewasse. Die vliegtuie behou ’n goeie herverkoopwaarde in Amerikaanse dollar. Die beleggingswaarde en jaarlikse

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit