Landbouweekblad

Selfdoenboer droom groot oor makadamias

Mpumalanga se Jongboer van die Jaar vir 2022, mnr. Org Lindeque, se praktiese hand is oral in sy boerdery te sien en sy entrepreneursgees en oplettendheid lei kort-kort tot ’n nuwe vertakking. Hy span tegnologie in om sy aandeel in die makadamiawaardeketting te vergroot, en boonop wink ’n uitvoerkans na die Midde-Ooste.

Hy is die vierde Org Lindeque in sy familie wat boer, maar tyd vir sentimenteel wees, is daar nie. Toe sy pa die saaiplaas in die distrik Ventersburg, Vrystaat, verkoop, het Lindeque dit eenvoudig as die einde van ’n era van akkerbou vir die Lindeques aanvaar en hom in 2005 by ’n vrugteboerdery in die Laeveld van Mpumalanga aangesluit.

“Toe ek vir die onderhoud gaan, het hulle my gevra of ek iets van boomgewasse weet. Ek dink die feit dat ek gesê het ek weet niks, het in my guns getel. Die Du Plessis’s van Maleta Farming wou iemand hê wat hulle kon oplei. Ek het vier jaar vir hulle geboer voordat ek by my pa se nuwe besigheid op Sasolburg aangesluit het. Dié besigheid het daarin gespesialiseer om fabrieke skoon te maak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter