Avontuur Afrika

Leef die Landy-lewe in maputaland

Waar is Maputaland? Gaan ons Mosambiek binne? Het ons paspoorte nodig? Is hierdie geleentheid gebaseer op die Camel Trophy? Sal ek my Defender beskadig? Dit is ‘n paar vrae waarmee ek gebombardeer is toe Defender-liefhebbers vir die geleentheid begin registreer het.

Die antwoord op al hierdie vrae was ‘n luide en dawerende nee. Die Defender Trophy is ‘n gesinsvriendelike geleentheid vir Land Rover Defender-entoesiaste. Bestuursvaardighede en fiksheidsvlakke speel nie ‘n rol nie.

Dis alles goed en wel, maar waar is Maputaland dan? Hierdie ongerepte wildernisgebied, wat ‘n groot deel van Noord-KwaZulu-Natal insluit, strek van die iSimangaliso Vleilandpark in St Lucia in die suide, tot by die Suid-Afrikaanse grens met Mosambiek in die noorde en is die tuiste van ‘n aantal van die provinsie se bekendste reservate. Die naam kom waarskynlik van die jagters van weleer wat die wildryke

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika3 min read
My Ryding & Ek
Stuur foto’s van jou en jou ryding na: info@4x4afrika.com “Ons was nog altyd behep met avontuur en die buitelewe, altyd op soek na daardie perfekte kampvuur – en hoe meer afgeleë daardie kampvuur is, hoe beter! As jy dit van die gebaande pad af wil w
Avontuur Afrika2 min read
Reiswenke
• Visum-en toegangsvereistes: Meeste Afrika-paspoorthouers benodig ‘n visum om Europese lande binne te gaan. Bestudeer die spesifieke visumvereistes van die land wat jy van plan is om te besoek en doen vroegtydig aansoek vir jou visum. Maak seker dat
Avontuur Afrika4 min read
5 Uit 5 Vir Die Jimny
Om in die Desembervakansie vir ‘n paar weke die Suzuki Jimny vyfdeur te ry, het my die geleentheid gebied om hierdie klein 4x4 met sy groot hart intiem te leer ken. Vir die eerste week of wat het ek meestal Uber vir ons jongste dogter en haar vriendi

Related