Huisgenoot

KOEKSISTERS met kinkels

t – teelepel/s e–eetlepel/s k – koppie/s

KOEKSISTERS

LEWER ONGEVEER 36 KOEKSISTERS, AFHANGEND VAN DIE GROOTTE

BEREIDING: 45 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN. / STAAN: 30 MIN.

DEEG

◗ 500 ml (2 k) koekmeel
◗ 10 ml (2 t) bakpoeier
◗ 2,5 ml (½ t) sout
◗ 30 ml (2 e) gesmelte botter
◗ 1 eier
◗ 180 ml (¾ k) melk

AFRONDING

◗ olie, vir diepbraai
◗ 1 x hoeveelheid koue suikerstroop (sien resep links op bl. 27)

1 Deeg Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel.

2 Klits die botter, eier en melk goed saam en giet dit in die holte van die droë bestanddele Meng goed tot die deeg begin saamkleef.

3 Keer die deeg uit en knie tot glad en elasties. Bedek en laat die deeg 30 min. rus.

4 Afronding Rol die deeg uit en maak lang vlegsels daarmee. Sny in korter vlegsels en seël die punte goed.

5 Verhit genoeg olie vir diepbraai en braai die koeksisters in sarsies tot goudbruin en deurgaar.

6 Dreineer op kombuispapier en dompel in die koue stroop. Laat die koeksisters 3-5 min. in die stroop week, dreineer, laat verder afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

WENK

Jy kan selfs die koeksisters ’n ekstra kinkel gee deur speserye soos fyn kaneel of fyn gemmer by die deeg te voeg (ongeveer 5 ml of

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Regte ‘Chemistry’ Én Op TV
Dié twee ken mekaar al dekades lank, tog was dit eers onlangs dat VINETTE EBRAHIM en CEDWYN JOEL sáám op stel beland het – en toe nie net vir een reeks nie, maar sommer twee. In die Showmax-dramareeks Koek speel Vinette en Cedwyn ’n ougetroude paartj
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related