Huisgenoot

’N GENTLEMAN VIR ’N RUS

DIT was haar bruin oë wat hom vasgenael gehou het toe hy haar die eerste keer op die televisieskerm sien. Nie haar lang blonde lokke, vietse figuur of smeulende skoonheid nie, maar “haar ogies”.

“Dit het ’n paar sekondes vir my geneem om te weet ek is verlief, al het ek haar nog nooit in my lewe ontmoet nie,” verklap André Claassen (46) vandag hier in sy woonkamer in Pretoria. Maar dat hy en die Russiese vrou in die televisiereeks eendag saam sou wees – en hoeveel water eers in die see moes loop – het hy in sy wildste drome nooit kon raai nie.

Daardie oomblik toe haar “ogies” hom die eerste keer vasgegryp het, was byna ’n jaar gelede. Hier in die einste woonkamer het André die TV aangeskakel – en daar sien hy haar toe in die VIAmaatsoekprogram Ram vir ’n Rus waar sy voor die kameras ’n ander man in die Krugerwildtuin leer ken.

Getrou aan die aard van die program is sy toe saam met een van die Suid-Afrikaanse vrygeselle in die reeks huis toe – en dit kon maklik die einde van die storie gewees het.

Maar die liefde volg sy eie draaiboek. Dinge het nie uitgewerk vir die eienaar van daardie paar oë en Koos

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Verlede jaar was daar tussen 100 en 150 flaminke in Chili se Los Flamencos-reservaat, maar vanjaar is net 15 tot 20 van die voëls daar gewaar. Wetenskaplikes van die reservaat probeer nou met behulp van satelliete uitvind waarheen die res van die fla
Huisgenoot1 min read
Sy Ou Vlamme
Dié The Cosby Show-aktrise het in 1987 met Lenny getrou. Hulle is in 1991 uitmekaar. ’n Dogter, Zoë, is uit dié huwelik gebore en die ouerpaar is steeds na aan mekaar. In 1991 het hy kortstondig met die Australiese popsangeres uitgegaan. Die jaar 199

Related