Wie’s Nuus
Seisoen 1 Donderdae kykNET (*144) 21:00 (begin 21 Julie)
Indien dit jou bedruk maak om daagliks op hoogte te bly met die nuus, maar steeds wil weet wat in die land aangaan, is die nuwe kykNET-reeks, Wie’s Nuus, die antwoord. “Dis ’n informele geselsprogram en iemand wat daardie week nuus gemaak het, kom onder die loep,” sê die gesoute joernalis en nuusleser Mia Spies. En Mia, wat al ’n veldverslaggewer was vir ander nuusprogramme, soos