Landbouweekblad

VELDKENNIS VUL GAPINGS

Foto’s van swerms sprinkane wat die lug oor die Karoo donker maak en dooie sprinkane wat vetterig aan bakkievoorruite en verkoelers kleef, is die afgelope somer wyd versprei.

Die goeie reën wat die einde van die droogte in ’n groot deel van die ekstensiewe weigebiede beteken het, het sprinkane in hul miljoene laat uitbroei en groot kommer oor die herstel van veld en boerderye ná die droogte laat ontstaan.

Die regering, wat die afgelope jaar sowat R100 miljoen aan sprinkaanbestryding bestee het, het onder skoot gekom vir die ondoeltreffende manier waarop bestryding gedoen is en hoe sprinkaanbestryders sukkel om betaal te word.

Hoewel die meeste boere meen die sprinkane moet uitgeroei word, is daar ander wat glo dis deel van natuurlike siklusse en dat die veld in die volgende jaar daarby baat kan vind.

Boere wat aan ’n opname deelgeneem het (sien op bl. 50), meen daar is nie ’n verband tussen sprinkaanuitbrekings en veldbestuur nie, sê dr. Igshaan Samuels, ’n veldekoloog van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related