Landbouweekblad

Kersie op die koek vir vrugteboere

Die plaaslike kersiebedryf, wat tans sowat 700 ha beslaan, kan “maklik tot 5 000 ha groei”.

Só meen mnr. Alwyn van Jaarsveld, internasionale handelsbestuurder vir kersies by die toonaangewende Amerikaanse kultivarontwikkelaar IFG (International Fruit Genetics). IFG is ’n bekende in tafeldruifkringe, en onder meer verantwoordelik vir kultivars soos Cotton Candy en Sweet Globe. Dit het egter ook die grootste kersieteelprogram ter wêreld. Hoewel sy kersiekultivars nog maar 1% van Suid-Afrikaanse aanplantings beslaan, is dit gesog in Amerika, Chili, Australië en Spanje.

Van Jaarsveld meen die hele bedryf gaan binnekort vinnig uitbrei. Hy sê veral vroegseisoenkersies – wat einde September en veral in Oktober ryp is – gaan die goue tydgleuf vir plaaslike kersieboere wees. Dan beloop die prys van R150 tot R300 per kilogram.

“Daar is baie potensiaal en geleenthede vir Suid-Afrikaanse boere, wat baie lekker is. Dit is ’n produk wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit