Landbouweekblad

Pimperneute kom in rat

Dit is ’n bedryf in sy kinderskoene, op die punt om te ontplof, maar terselfdertyd is daar al jare se kennis en ervaring in pag.

Dít is waarom mnr. David Müller, voorsitter van die pimperneutkwekersvereniging en uitvoerende direkteur van die Pistachio Nut Company (albei is in 2019 gestig), glo hulle is nie om dowe neute besig om die Suid-Afrikaanse pimperneutbedryf van nuuts af staan te maak nie.

“Ons het ’n gewas wat ons reeds weet werk, maar ons het die geleentheid om met ander bedrywe te praat en by hulle te leer hoe om dinge reg te doen.”

Tans is die plaaslike pimperneutbedryf piepklein – kwalik 10 ha – maar danksy mense soos Müller en mnre. Anton Müller, Ferdi Ungerer en Henk Venter se ywer en harde werk staan die bedryf op die drumpel van gróót uitbreidings.

“Binne die volgende twee jaar word 200 ha pimperneutbome in Suid-Afrika gevestig. Teen 2031 sal ons op minstens 1 000 ha staan,” sê Müller.

Hoewel hy op die plaas Uitdraai naby Prieska grootgeword het, is Müller nie jou tipiese boerseun nie. Ná hy waarde-enbeleidstudie aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer het, het hy ’n paar draaie in die wêreld van waagkapitaal, tegnologie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding