KRUIP
Moedig jou baba aan om te kruip – dit gebeur gewoonlik tussen nege maande en ’n jaar oud. Die oorkruisbeweging van kruip speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van jou baba se breinpaadjies en terselfdertyd ontwikkel jou kleinding se fyn motoriese vaardighede, leer hy van verskillende teksture en word sy rug-, skouer- en nekspiere sterker. Moet dus nie haastig wees om hierdie fase verby te kry nie.
Hier’s ’n paar idees om hom aan die kruip