Landbouweekblad

JAAG MINDER, STROOP MEER

Hy is baie vrygewig met die lang lys faktore wat hom die sojaboonwêreldrekord besorg het, maar mnr.

Chris Weaver hou vol alles begin by grondgesondheid.

’n Maklike begin was dit nie vir dié sesdegeslagboer van Kemp Mill, Maryland, in Amerika nie, met dinge soos hoë soutvlakke, ’n lae pH, moeilike weerstoestande en pryse wat sake bemoeilik het.

Weaver se pa, Richard, het die oorspronklike groenteboerdery voortgesit, maar Weaver het ná ’n draai in die sakewêreld besluit om die boerdery tot ’n mielie-en-sojaboonboerdery om te skakel om dit vorentoe te neem, en met ’n vergrootglas na bemestingspraktyke en grondbewerking begin kyk.

“Die belangrikheid van grondgesondheid voor jy begin opbrengs jaag, kan nie genoeg beklemtoon word nie.

“Ek boer al sedert 2010 op ’n plaas wat aanvanklik ’n groenteboerdery was, met my pa en oupa wat suikermielies, groenbone en limabone verbou het. Ná my universiteitsjare en grade in landboukunde en landboufinansiering, asook ’n MBA, het ek by ons plaaslike koöperasie begin werk. Ek kon die besigheid help uitbou van een tak tot nege, waarna ek plaas toe gekom het.

“In daardie stadium het my pa by die plaaslike politiek betrokke geraak om die belangrikheid van die landbou te bevorder – iets waarmee hy baie suksesvol was.”

Intussen het Weaver se pad gekruis met ’n uitstekende landboukundige, mnr. Joe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related