Landbouweekblad

Hoë kunsmispryse: Versag impak só

In die 1990’s het groot internasionale maatskappye hul mededingendheid probeer verhoog deur ’n groot deel van hul bedrywighede uit te kontrakteer en na oorsese lande te verskuif waar arbeidskoste laag is en skaalekonomie die beste benut kon word. Dit het saamgeval met die inploffing van die Sowjetunie, wat nuwe markte vir Westerse produkte geskep het.

Lande in Asië, soos Indië en China, het daarmee saam ontluik as ekonomieë wat goedkoop kan vervaardig en uitvoer. Die verdienste wat hulle daaruit vir hul groot bevolkings geskep het, het terselfdertyd markte vir Westerse produkte geskep.

Die gevolglike integrasie van die wêreldekonomie het ’n revolusie in die verskaffingsketting veroorsaak. Die ontginning, verwerking en vervoer van grondstowwe het toenemend oor die hele wêreld heen versprei deur dit in effek te verskuif van lande waar produksiekoste hoog is na lande waar dit laag is. Die logistiek daaragter het ook met rasse skrede uitgebrei en vaartbelyn geraak. Waar verskillende lande voorheen grootliks vir hul eie behoeftes geproduseer het of direk na ’n eindverbruiker in die buiteland uitgevoer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit