Landbouweekblad

HIER IS 2022 SE TOPBULLE

ANGUS (ROOI): ON REQUEST JMS 20-272

EIENAAR EN TELER: MNRE. JOHAN EN JM STEYN

Die Vansia-stoetery van mnre. Johan en JM Steyn is deel van ’n omvangryke beesboerdery op die plaas Van Wyksrust by Bothaville, waar hulle ook ’n Brangus-stoetery en kommersiële Brangus-kudde bedryf. Dit is ’n soetveldomgewing en die boerdery het ook die voordeel van aangeplante smutsvingerweiding. Die boerdery verbou verder mielies wat deur JM se broer, Danes, behartig word. Die beeste wei in die winter op die oesreste. Die Elite-bul, On Request JMS 20-272, kom uit ’n topkoeifamilie – Hide a Ways Society Girl – met Lucky aan vaderskant. On Request het ’n goeie lengte, bene en toplyn.

NAVRAE: E-pos: vansia@mics.co.za; 072 408 5699.

BORAN: KOLSKOOT DE LA HOYA GB 19-19

EIENAAR EN TELER: MNR. GIDEON BOTHA

Kolskoot Borane van mnr. Gideon Botha word by Luckhoff in die Suidwes-Vrystaat aangehou. Die weiding bestaan uit natuurlike Karoo-tipe bossies en soetgras. Die Elite-bul, Kolskoot De la Hoya GB 19-19, se ma, HVT 11-27, is ’n toonbeeld van Kolskoot Borane se teeldoelwit, waaronder dat koeie vroulik en funksioneel doeltreffend moet wees, met goeie melk, kloue en moedereienskappe. Sy vaar, GB 15-38, is met ’n doel geselekteer om saam met die ma te loop omdat sy lyflengte, bespiering en fenotipe aan die stoetery se seleksiedoelwit voldoen. GB 19-19 het goeie breedte, diepte en kapasiteit. Danksy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter