Landbouweekblad

Hier is 2023 se topbulle

Angus (rooi): RCM 20-153 Roechama Honey Comb

Eienaar: RC Malherbe

RC Malherbe bedryf saam met sy pa, Gert, en broer, André, ’n gemengde boerdery met ’n Angus-, Brangus-, Suffolk- en SA Vleismerino-stoetery op die plaas Graslaagte by Hertzogville, Vrystaat. Die bul Honey Comb beskik oor uitstekende lengte en breedte, ’n goeie toplyn en ’n manlike kop. Hy kom uit ’n goeie stamboom. Sy maternale vader is Vansia Bertus, ’n voormalige nasionale kampioen. Sy vader, Roechama Honey Badger, het op die afgelope nasionale kampioenskap twee kampioene opgelewer.

Navrae: 084 851 8262, malherberc8@gmail.com

Angus (swart): SCJ 21-3 Joyce’s Napoleon

Eienaar: Seymour Currie

Die Joyce’s Angus-stoetery sluit rooi en swart An gusse in. Die eienaar, Seymour Currie, bly toegespits op sy teelprogram op die plaas Wolwedan by Klipheuwel in die Wes-Kaap. Daar wei die beeste op kikoejoe, Eragrostis en koring- en hawerreste.

Napoleon is ’n goed gebalanseerde bul met ’n mediumraam, baie vleis, manlikheid en sterk bene. Hy is net ouer as twee jaar en kombineer sy fenotipe met goeie teelwaardes, veral vir groei.

Die stoetery volg sedert sy ontstaan in 2010 ’n jaarlikse embrioprogram met die spoel van embrio’s en in vitro-bevrugting om genetiese groei te bevorder. Slegs die beste, bewese vroulike diere word met sy beste bulle en é van ander kuddes in Suid-Afrika, Amerika en Kanada gepaar. As deel van die teelprogram streef eymour daarna om spesiale stambome te skep, maar ook om erkende koeifamilies te laat voortbestaan. Streng seleksie is deel van die uitskotprogram om te verseker net die beste nageslag word behou. Hy glo sy beeste moet deur prestasietoetsdata ondersteun word. Ouerskap word met DNS bevestig en akkurate prestasietoetsdata word versamel.

Navrae: Worsie Swart, 072 143 6114, worsie.jdfarms@gmail.com

Braford: GM 21-10 Eben

Eienaars: Gert van der Merwe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter