Landbouweekblad

Só lyk SA se topbulle

Afrikaner: MC 21-0918

Eienaar: Pierre-André Cronjé

Die Grootkuil Afrikaner-stoetery van Pierre-André Cronjé van Theunissen se strewe is om bulle te teel wat vir hul kliënte meer wins maak. “Ons wil graag die boer se insette verlaag, maar nog steeds ’n maksimum uitset met goeie groeieienskappe verseker,” sê hy.

Dit is juis op hierdie gebied waar vanjaar se Afrikaner-rasverteenwoordiger, MC 21-0918, uitblink. Hy is geteel uit teelmateriaal van wyle David van der Linde van Standerton se Geelbos-stoetery, en Pierre-André glo hy gaan nog diep spore trap. “Met ’n uitstekende groeiwaarde-indeks van 134 weet ons sy nageslag sal groei, of dit nou in ’n voerkraal of op die veld is; kruiskalf of Afrikaner-kalf, groei sal hulle groei.”

Daarmee saam kom ál die kenmerkende gehardheidseienskappe van die Afrikaner wat vir die boer weer verminderde bestuursinsette beteken. ’n Bewys daarvan is ook die koeiwaarde-indeks wat ’n baie goeie 121 is.

Grootkuil Afrikaner-stoetery en die Afrikaner-ras as geheel spits hom die afgelope paar jaar daarop toe om meer diere in intensiewe groeitoetse te evalueer, veral fase C. Daarmee wil hulle groeidoeltreffendheid verder verbeter en dit aan die breër rooivleisbedryf bewys.

NAVRAE: 083 629 3491, bobcronje@gmail.com

Angus (rooi): RCM 21-0159 Roechama Maverick

Eienaars: Gert en RC (regs) Malherbe

Roechama Maverick uit die Roechama Angus-stoetery is geteel deur die Malherbes van Hertzogville, wat ’n gemengde boerdery bedryf. Hulle verbou mielies, koring, sojabone en sonneblomme as kontantgewasse, en hawer en radyse vir winterweiding. Die natuurlike weiding is hoofsaaklik soetgras en word sinvol teen 1 GVE op 10 ha belaai.

Die Malherbes bedryf ’n Angus- en Brangus-stoetery en boer ook kommersieel met albei rasse. Bulle word op tweejarige ouderdom in die stoeterye gebruik en op driejarige ouderdom op veilings verkoop.

Die boerdery bestaan ook uit ’n SA Vleismerino- en Suffolkstoetery en ’n kommersiële Vleismerino-kudde. Maverick se pa, RCM 19-157, sou die ras in 2022 verteenwoordig het, maar is ongelukkig ’n maand voor die skou dood. Sy maternale broer het die ras in 2020 verteenwoordig, maar die kompetisie is toe weens covid-19 afgelas.

Maverick is ’n donkerrooi bul

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Rooivleisstandaard Op Pad
SUID-AFRIKA sal teen 2030 sowat 250 000 méér speenkalwers in die mark moet stoot om ’n beraamde R12 miljard se waarde vir die plaaslike rooivleisbedryf te ontsluit. Om daarin te slaag, sal die bedryf anders moet begin dink en werk, het Dewald Olivier
Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe
Landbouweekblad8 min read
Plaasverkope
LUIPAARDSVLEI (246), 26 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika, van Bosasa Prop (Edms.) Bpk., R69 000 000. VORSTERSKRAAL (669) , 656 ha, aan JJ van Niekerk-trust, van Tygerfontein Boerdery (Edms.) Bpk., R12 775 000. HONINGKLIP (178), 21 ha, aan Multi