Landbouweekblad

DIÉ BULLE DING MEE OM TOPPRYS

HEREFORD: BMH 19-18 BEAU BRIGHT

TELER EN EIENAAR: PP MONG-TRUST (MNR. BERTUS MONG)

Die PP Mong-trust se veeboerdery, wat BM Herefords insluit, is sedert 1979 in die Rûens van die Overberg geleë. Die natuurlike weiding is suurveld en renosterveld. Dit word aangevul met aangeplante medics en hawer. In die somer wei die beeste op koring-, kanola- en garsstoppellande.

Beau Bright is met ’n indekswaarde van 198 in die top-1% van die ras vir gemiddelde daaglikse gewigtoename (GDT) en Kleiberverhouding (134). Dié groeiwaarde word verder bevestig deurdat die bul ook in die top-5% vir speen-, naspeense en volwasse gewig is. Die bul is verder in die top-2% van die ras vir skrotumgrootte. Hy het ’n mediumraam en het puik vleiseienskappe met goeie lengte (top-6% van die ras), breedte en diepte. Hy het ook ’n goeie stapvermoë.

Beau Bright se moeder is ’n vrugbare koei wat haar eerste kalf op 24 maande gehad het. Sy het ’n tussenkalfperiode (TKP) van 353 dae.

NAVRAE: E-pos: bertus@ppmong.co.za, 082 947 0701.

HUGENOOT: KOPERKOP B 18-76

TELER EN EIENAAR: MNR. HENK VAN RENSBURG

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Druiwepulp By Voer Vir Melkbeeste Lei Tot Minder Metaangasvrystellings
Navorsers in Kalifornië, Amerika, het bevind as druiwepitte, -stingels en -doppe by melkbeesrantsoene gevoeg word, kan Holstein-beeste se metaangasvrystellings met 10-11% verlaag word. Die loodsnavorsingsprojek het ook bevind dat voerdoeltreffendheid
Landbouweekblad4 min read
Onstuimige Tyd Wag Op Landbou In SA
DIE kernboodskap van verskeie sprekers op die kunsmisvereniging van Suid-Afrika (Fertasa) se kongres by Muldersdrift was dat daar moeilike tye vir die landbou voorlê, maar dat daar groot vertroue in die sektor is om dit te kan baasraak. “Daar is baie
Landbouweekblad1 min read
Grondherstel Kan Help Om Siektes Te Onderdruk
SEKERE grond het ’n inherente vermoë om wortelsiektes te onderdruk, dog wetenskaplikes kon nog nie vasstel watter grond dit kan vermag of hoe bestuurspraktyke die onderdrukking van siektes kan ondersteun nie. Navorsers aan universiteite in China, Spa