Landbouweekblad

Die onsigbare koste van té veel reën

Die afgelope somer se milde reën is aanvanklik oral verwelkom, maar namate dit aanhou reën het, is baie skade aan somergewasse in die Sentraal- en Oos-Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga aangerig.

Dit was nie net die nat toestande wat die gewasse geraak nie. Die kleiner getal hitteeenhede en die aanhoudende bewolkte toestande het die plante se groei benadeel. Daarby is die graanopbrengs ook ernstig deur versuiping beperk weens die staande water in lande.

Om alles te kroon, het ál die groot opgaardamme in die Oranje- en Vaalrivierstelsel oorgeloop en vloedskade laer af by Bloemhof en langs die Benede-Oranjerivier veroorsaak.

KAART 1 bevestig die oormaat reën en dui aan dat groot dele van Suid-Afrika in Desember 2021 van 200% tot 1 000% meer reën as die gemiddelde vir daardie maand gehad het. Nog ’n beduidende deel van die land het 125-200% van die normale reënval vir Desember gehad.

Volgens dié KAART het veral die graanproduserende dele van die Wes-Vrystaat aansienlik meer reën as gewoonlik gehad.

Die gevolglike verlies aan oeste kan maklik in geldwaarde gemeet word.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter