Spekboom Wetter of wonderplant?
Spekboom is een van daardie ouwêreldse tuinplante wat my dadelik aan die siersteenhuise van die jare vyftig laat dink. Vlesige groen blare, stamme dik van die ouderdom, waarskynlik in ’n afgewitte asbespot, en langsaan heel moontlik ’n pol skoonma-se-tong. Daar is ’n goeie rede waarom ons al die outydse plante “herontdek” wat deur verskeie dor dekades vasgebyt het: Ja, hulle is sjarmant, maar ook aanpasbaar en taaier as ’n ratel.
Soos talle ander plante in warm, droë klimaatstreke het spekboom vooruit geboer danksy ’n nuttige fotosintesetoertjie om waterverlies te beperk. Dit word crassulasuurmetabolisme genoem en stel plante in staat om die asemhalingsporieë van hulle blare toe te hou gedurende die warmste tyd van die dag. Eers in die koel aandlug, wanneer waterverlies weens verdamping laer is, begin die plant koolstofdioksied opslurp. Dit beteken hulle kan droogtes oorleef en CO2 in energiereserwes en boukoolstof omsit wanneer dit reën in ’n gebied met ’n lae reënval.
In die natuur
Spekboom maak met sy slinkse waterdoeltreffende manier van fotosintese die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days