SA Hunter/Jagter

DRAMA MET ’N DRIE-SEWE-VYF – MY PARKER-“HUIL” (HALE)

Die bul verdwyn agter ’n taaibos. Ek kniel ongemaklik op ’n plat rots, die .375 gestut op ’n onbekende skietstok. Dan verskyn hy in ’n opening tussen die bosse. Hy is groot en swart en net onder ’n honderd tree weg. Dit is laatmiddag en daar is nie baie tyd voor die donker ons vang nie. Die dik kruishaar van die klein Leupold 1,5-5x20 kom tot rus op sy blad tussen ’n derde en die helfte van onder af. Ek hoor nie die skoot nie, maar wel die klap van die 300 grein-koeël op die dik vel. Die bul gee ’n bokspring en strompel bult-af. Hy maak dit omtrent 20 tree voor hy val. Dan bulk hy lank en hart-seer. ’n Ander bul takel hom, rol hom tussen die rotse teen die rantjie af.

Ek kniel vyf tree van die bul af en skiet hom in die rugstring tussen die blaaie, skuins vorentoe in syborsholte in. Hy roer nie; hy is reeds dood. Ek druk die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter7 min read
DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD
My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons
SA Hunter/Jagter5 min read
Bospos
Briewe van ons lesers is vir ons belangrik. Jou insette en opinies, wedervaringe in die jagveld en interessante stories of nuus is altyd welkom, asook jou kommentaar op die tydskrif se inhoud. Stuur jou brief aan marisa@sahunter.org en staan ’n kans
SA Hunter/Jagter2 min read
’n Gids Tot Nalatenskap En Boedelbeplanning Vir Die Jagter
Die artikel is voorsien deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente as trotse borg van ons Nasionale Presidentskietkompetisie in samewerking met die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging. By Eksekuteurs vir Boedels en Testamente waardeer ons die bel

Related Books & Audiobooks