SA Hunter/Jagter

DIE .22 HORNET – VEELSYDIGER AS OOIT

Die springbokooi draf rustig weg van die bakkie af. Ek en vrind Nicol Brand het toevallig op haar afgery terwyl ons waters om ry. Toe die bok vir ’n oomblik vassteek, het ek die kruishaar agter haar kop laat vassuig en die sneller gedruk.

Dit was my eerste kopskoot en ook my eerste bok met die toenog-vreemde kaliber vir my, die .22 Hornet. Dit was ook soos die mense sê, liefde met die eerste oogopslag, of is dit eerder met die eerste springbok-skietslag?

MY EIE EEN

Na daardie ooi het ek heelwat springbokke met die Hornet geskiet. Ek het ook alles wat ek te lees kon kry oor dié kaliber gelees. Koos Barnard (SA JAGTER/HUNTER se redakteur) se artikels in Magnum het my oortuig dat ek ’n Brno ZKW465 soek, en klaar. Dié geweer het ’n ware mini-Mauseraksie met gekontroleerde voer en ’n breë uittrekker. Die kwaliteit van die ZKW465-geweertjies is uitstaande en dié Brno’tjies lyk net vir my “reg”. Ek het egter gesukkel om een in die hande te kry – soms was geld ’n kwessie of ek kon nie een in ’n goeie toestand opspoor nie.

Later was ek moedeloos en plaas toe maar ’n advertensie op Facebook dat ek so ’n geweertjie soek. Na drie dae reageer iemand, maar toe ek na foto’s van die geweer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter7 min read
DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD
My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons
SA Hunter/Jagter8 min read
Die Windbuks As Leermeester
In die gejaagde, moderne era waarin ons vandag lewe, is daar dikwels nie tyd vir die outydse nie, en, wil ’n mens sommer byvoeg, die regte manier van dinge doen nie. Om ’n holruggeryde cliché te gebruik, ons leef in ’n kits-era. Van kitskoffie, kitsp
SA Hunter/Jagter2 min read
’n Gids Tot Nalatenskap En Boedelbeplanning Vir Die Jagter
Die artikel is voorsien deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente as trotse borg van ons Nasionale Presidentskietkompetisie in samewerking met die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging. By Eksekuteurs vir Boedels en Testamente waardeer ons die bel

Related Books & Audiobooks