Sommige mense skiet maklik raak, maar ek moet baie oefen om dit reg te kry. Nie dat oefen vir my ’n straf is nie – ek hou van skiet!
Ek het my eerste bril in standerd 8 gekry (ons het destyds nog in standerds skoolgegaan; grade is gebruik om die deklinasie van ’n hoek aan te dui). Van kleintyd af was dit dus vir my moeilik om op die visier, korrel en teiken te fokus. Geen wonder dat my gewere van meet af met teleskope toegerus was nie.
’n Groot debat woed altyd oor die kwessie of ’n jagter ’n geweer met of sonder ’n teleskoop moet gebruik as hy gevaarlike wild aandurf. Grootwildjagters uit die era toe teleskope