Landbouweekblad

Gehalte antwoord teen invoer

In 1990 het Sundale melk van agt Jerseykoeie vanuit staalkanne aan die informele mark begin verkoop. Meer as dertig jaar later is dié maatskappy ’n gerekende melkverwerker in Suid-Afrika en vervaardig verwerkte melkprodukte, soos jogurt, melk, maas, sagte kase en room van melk gelewer deur 18 omliggende melkboere vir die plaaslike mark.

Hierdie familie-onderneming het ontstaan in ’n tyd toe die melkbedryf en Suid-Afrika baie verander het, sê mnr. Pierre van Rensburg, uitvoerende hoof. Sy pa, Neil, het begin om melk vanuit vlekvryestaalkanne aan die informele mark by Qonce (voorheen King William’s Town) in die voormalige Ciskei te verkoop, met sy ma, Sandi, wat na die agt Jerseykoeie omgesien het. Die maatskappy het in 2010 die groot sprong geneem deur sy verwerkingswerksaamhede na die Oos-Londense spesiale ekonomiese sone te verskuif. ’n Fabriek van 7 000 m2 is opgerig en daar is begin om nuwe produkte te vervaardig.

“Soos alle besighede moes ons groei. Ons kon deur die jare sodanig uitbrei dat ons nou ’n aanleg van 12 000 m2 in die spesiale ekonomiese sone het.”

In 2021 het hulle ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related