Landbouweekblad

’n Kop vir somme, dekgewasse en vernuwing

Van ’n konvensionele monokultuurboerder y tot ’n herlewingslandboupraktyk wat ’n slim kombinasie van dekgewasse en beesboerdery gebruik om die volle potensiaal van die boerdery te ontgin. In ’n neutedop is dít die storie van mnr. Wernich Lemmer se boerdery op die plaas Lemmerville by Hartbeesfontein in Noordwes. Dis ’n tradisionele boerdery in die sin dat mielies en beesproduksie die hoofklem is, maar nuwe idees en toepassings vier hier hoogty.

Lemmer het drie jaar gelede herlewingslandboupraktyke ontdek. “Ek was by die Landbouweekblad-herlewingslandboukonferensie op Ottosdal (sien bl. 48) nadat ons plaaslike boerevereniging boere genooi het. Die voordele het my dadelik opgeval. Ek is gretig vir landbou-inligting en wat ek daar gehoor het, het sin gemaak.”

Lemmer het oorgeskakel van ’n oorlêstelsel na ’n wisselboustelsel. “Pleks van oorlêlande het ons gaan kyk wat ons stroopseisoen opgelewer het. Ons het bevind die potensiaal van die dele wat oorlê, was baie laer as dié wat met dekgewasse beplant is. Só het ons begin om die laer dele toe met dekgewasse te verbeter.”

Sowat twee jaar gelede is ’n land van 5 ha met dekgewasse beplant. Dit het bestaan uit voersorghum, babala, akkerbone, dolichos,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding