Landbouweekblad

Wisselbou, biologiese produkte gee sonneblom hupstoot

Nood leer dalk bid, maar dit het Suid-Afrikaanse boere ook geleer om nie bang te wees om oplossings te beproef nie. Die droogte wat produsente in Noordwes in die tweede dekade van die 21ste eeu getref het, het baie boere gedwing om met nuwe oë na hul boerderye te kyk.

Dit was ook die geval in mnr. Frik van Rooyen se boerdery naby Coligny in Noordwes toe die droogte hom gedwing het om van sy tradisionele monokultuurmielie-aanplantings af te wyk en sonneblomme aan te plant.

“Een van die groot voordele van sonneblomaanplantings is dat die gewas later aangeplant kan word om stabiliteit in jou boerdery te bring,” sê mnr. Gawie du Plessis, plaasbestuurder van die Van Rooyen-boerdery. “Dit het ons in staat gestel om eers te sien wat met die seisoene gebeur, waarna ons kon probeer om daarmee saam te werk.”

Grondvogbewaring, monitering en ’n sterk klem op die regte kombinasie van chemiese en biologiese bemesting het ’n kenmerk van die boerdery geword en uiteindelik tot ’n uitstekende opbrengs van 4,06 t/ha met die Pioneer-kultivar P65LL02 gelei.

Die boerdery, wat hoofsaaklik witmielies, geelmielies en sonneblomme

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh